Ludwig van Beethoven

Ludwig van Beethoven
Ludwig van Beethoven (1770–1827); skildery van Joseph Karl Stieler, 1820
Agtergrondinligting
Gebore16 Desember 1770
Bonn (Heilige Romeinse Ryk)
Sterf26 Maart 1827
Wene (Keiserryk Oostenryk)
GenresRomantiek, moderne
Beroep(e)Komponis, pianis

Ludwig von Beethoven (* 16 Desember 1770 in Bonn, Duitsland; † 26 Maart 1827 in Wene, Oostenryk) was 'n Duitse komponis en pianis. Hy word as 'n belangrike figuur van die oorgangstydperk tussen die Klassieke en Romantiese eras in die Westerse klassieke musiek geag en hy bly steeds een van die mees bekende en invloedryke komponiste van alle tye.

Van Beethoven het in Bonn groot geword en het in sy vroeë twintigerjare na Wene verhuis, waar hy by Franz Joseph Haydn studeer het. Beethoven se gehoor het begin verswak in die laat 1790's, maar hy het steeds aangehou om musiek te komponeer, om te dirigeer en om optredes te lewer, selfs nadat hy heeltemal doof geraak het. Van sy bekendste werke sluit in die Vyfde Simfonie en die Vyfde Klavierkonsert (die Keiserkonsert).[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search